Nuwe navorsing van die WNNR steun die Life After Coal-veldtog en Greenpeace Afrika se standpunt dat daar nie meer in steenkoolkragsentrales belê moet word nie. Hulle beveel aan dat die regering en Departement van Energie die oorgang na volhoubare energie moet prioritiseer. Hoewel die WNNR fokus op die koste van steenkoolbedrywighede, sê die Life After Coal-veldtog daar moet meer klem gelê word op die negatiewe impak van steenkool op die omgewing en die mens se gesondheid. Dianke Nel doen verslag.