Hewige kritiek word oor 'n wye internasionale front uitgespreek oor die Amerikaanse president, Donald Trump, se aankondiging dat Amerika hom aan die Parys-ooreenkoms oor klimaatsverandering onttrek. Trump se besluit volg ná verlede week se vergaderings met Europese leiers. Trump het op 'n mediakonferensie gesê dit 'n swak ooreenkoms is vir Amerikaners en hy staan by sy verkiesingsbelofte om werkers eerste te stel. Anita Visser praat met Theo Bekker, 'n politieke ontleder verbonde aan die Noordwes Universiteit.