Die Gupta-familie se maatskappy, Oakbay Resources and Energy, is sy JSE-borg kwyt. River Group is 'n JSE-borg en aangewese adviseur. Oakbay sê in 'n verklaring die rede vir River Group se beëindiging van hul dienste, is weens 'n hersiene evaluering van die risiko's verbonde aan die maatskappy en sy aandeelhouers. Anita Visser praat hieroor met die hoof van die Skool vir Ekonomiese- en Sakewetenskappe by die Universiteit van die Witwatersrand, prof. Jannie Rossouw.