Bob Dylan het 'n Nobelprys ontvang en moes 'n lesing gee oor die werk wat hierdie toekenning moontlik gemaak het. Op Sondag, 4 Junie, is sy amptelike Nobel-lesing vir Letterkunde aan die wêreld bekendgestel. Dylan se lirieke is deur die jare haarfyn ontleed, in die hoop om 'n dieper boodskap of groter betekenis te vind. Maar was dit werklik sy bedoeling? Kan sy musiek regtig ontleed word? Marlinee Fouche het ondersoek ingestel na waar dit alles begin het, toe die sanger Buddy Holly 'n agttienjarige Dylan se voete onder hom uitgeslaan het.