Die wegholbrande in die Tuinroete is uiteindelik onder beheer. Sedert Woensdag het die brande 'n pad van verwoesting deur Knysna, Plettenbergbaai en die omliggende gebiede geloop. Die dodetal weens die brande in díe streek het nou tot sewe gestyg, ná die dood van 'n vrou in die hospitaal. Sy is die ma van 'n vierjarige meisie wat vroeër vandeesweek in 'n brand gesterf het. 'n 63-jarige vrywillige brandbestryder het ook gister by Concordia gesterf. Tanya Krause doen verslag.