'n Nadoodse geregtelike ondersoek na die dood van 'n struggle aktivis gaan heropen word. Dít volg nadat die 29-jarige, Ahmed Essop Timol, homself kwansuis 45 jaar gelede om die lewe gebring het deur op 27 Oktober 1971 uit 'n venster van die John Vorster polisiehoofkwartier in Johannesburg te spring. Die hoofkwartier is daarna deur struggle veterane na Timor Heights herdoop. Anita Visser praat met Imtiaz Kajee, Ahmed se susterskind en die dryfveer agter díe saak se heropening.