Ons praat verder oor een van ons hoofstories, en dit is die nuus dat die Gupta-familie glo op vooraanstaande politici gespioeneer het. Die nuwe inligting veroorsaak 'n vertrouensbreuk tussen die regerende party en landsburgers. 'n Oud-parlementslid en nou politieke ontleder, Piet Coetzer, vertel vir Marlinee Fouche dat dit uit hierdie inligting duidelik is dat die Gupta's nie skroom om onwettig, vir hulle eie sake-gewin, op te tree nie.