Die leier van die Noord-Ierlandse Democratic Unionist Party (D.U.P), Arlene Foster, was in Londen om samesprekings met premier Theresa May te voer oor Brexit. Intussen het 'n Spaanse politikus openlik verskil van die E.U Raad se Donald Tusk en die Europese Kommissie se Jean-Claude Juncker se reaksie op Theresa May se aanbod rakend EU burgers in die V.K . Anita Visser praat hieroor met Roland Henwood van die Universiteit van Pretoria.