Noordwes se premier en die ANC se provinsiale woordvoerder, Supra Mahu Mapêlo, vra dat 'n volkstemming gehou word om te bepaal of Jacob Zuma moet bedank of nie. Maar hoe HAALBAAR is so 'n voorstel en wat sou so 'n referendum kos? Wat is dan ook die politieke implikasies van díe voorstel wat vanuit 'n sterk pro-Zuma kamp kom? Ons praat met Mari Harris van IPSOS en emeritus professor, Marinus Wiechers, hieroor.