Die Johannesburgse Hooggeregshof het gister beslis dat geen beheerliggaam of openbare skool slegs een geloof in skole mag voorhou, terwyl ander gelowe uitgesluit word nie. Een van die redes wat aangevoer is, is dat gemeenskappe toegelaat moet word om te diversifiseer ná die ongelykhede van die verlede. Ons praat hieroor met die woordvoerder vir die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie, Hans Pietersen, en die uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole, Paul Colditz.