Vanoggend neem ons afskeid van ons kollega, Suna Venter. Haar liggaam is gisteroggend in haar woonstel in Fairlands, Johannesburg, gevind. Sy is onlangs gediagnoseer met die harttoestand, streskardiomiopatie, of algemeen bekend as die “gebrokehart-sindroom”. Dit word veroorsaak deur uitgerekte periodes van onnatuurlike spanning en stres. Ons onthou haar vanoggend as mens en joernalis, en deur die musiek waarmee sy haar omring het.