Om stories te vertel is 'n kuns wat al hoe minder beoefen word. Deur die eeue was dit hoofsaaklik die manier waarop geskiedkundige gebeure van geslag tot geslag oorgedra is. 'n Vrou van Namakwaland het storievertellery weer gewild begin maak met haar manier hoe sy dit aanwend om die Namakwalandse kultuur bekend te stel. Ons verslaggewer Reginald Witbooi het in Kommagas in die Noord-Kaap na haar stories gaan luister.