Suid-Afrika het nog nooit 'n vry en regverdige verkiesing gehad nie -- en hy't ook nie veel hoop vir die munisipale verkiesings later vanjaar. Só sê die IVP-leier, prins Mangosuthu Buthelezi, omdat die verkiesingsdatum steeds nie bekend gemaak is nie. Die 87-jarige Buthelezi, wat vroeër die week in die Monitor-ateljee was, glo die ANC hou aspris die datum geheim sodat opposisie-partye minder tyd het om stemme te werf.