'n Herrie het by die Wêreld Ekonomiese Forum losgebars ná president Jacob Zuma op die nippertjie van 'n Afrika-debat onttrek het. Zuma het voorgestel dat die minister van finansies, Pravin Gordhan, in sy plek daaraan deelneem, maar die organiseerders wou hiervan niks weet nie. Suid-Afrika is toe van die debat uitgesluit, en Rwanda se president Paul Kagame is as spreker in Zuma se plek ingesluit. Die beraad duur nog tot môre in Davos. Anita en Ivor praat met prof. Jannie Rossouw en 'n politieke-en beleid-pesialis by die Potchefstroomse Besigheidskool, Theo Venter.