Die Suid-Afrikaanse maatskappy Reutech, en die energie-maatskappy Blue Nova, stel binnekort saam 'n nuwe litiumfosfaat-battery teen dieselfde prys as loodsuur-batterye bekend. Die vraag na energie-stoor toepassings en batterye wat hoë temperature kan weerstaan en 'n leeftyd langer as tien jaar, neem toe. Die mede-stigter van Blue Nova, James Verster, het aan Dianke Nel gesê hierdie battery hou van warm temperature, anders as sy eweknie, die loodsuur-battery.