Maer diere, damme en riviere wat opgedroog het, geen teken van groen gras nie, en 'n versengende hitte begroet besoekers aan die Nasionale Kruger Wildtuin. Dit lyk dalk na 'n natuurramp, maar in werklikheid is die droogte broodnodig vir natuurbewaring. Hanri Wondergem het saam met dr. Izak Smit, 'n wetenskaplike van SanParke, op 'n rit deur die wildtuin gegaan om agter die kap van die byl te kom.