Die beplande afleggings in die mynbousektor is soos 'n strop wat al hoe nouer trek om die nek van myndorpies. Dorpe soos Kathu in die Noord-Kaap is afhanklik van mynboubedrywighede vir oorlewing. Die Sishenmyn beplan om meer as 2,600 werkers en meer as 1,300 kontrakteurs in die pad te steek. Hanri Wondergem het by 'n plaaslike sakeman gaan hoor hoe Kathu se mense hierdeur geraak word.