President Zuma se regspan het in 'n verrassende ommeswaai in die Konstitusionele Hof erken dat die Openbare Beskermer se magte bindend is, en haar verslag korrek is. Die EFF en die DA wil egter steeds hê die hof moet die gedrag van president Zuma en die parlement ongeldig verklaar. Die OB sê Zuma moet geld terugbetaal vir die verbeterings aan Nklanda wat nie met veiligheid te doen het nie.