Politieke partye wil hê president Jacob Zuma moet aan die land vertel wat sy planne is om die ekonomie weer aan die gang te kry. Sommige wil ook hê Zuma moet om verskoning vra omdat hy die Openbare Beskermer se Nkandla-aanbevelings twee jaar lank geïgnoreer het. Sy regsverteenwoordigers het vandeesweek aan die Konstitusionele Hof gesê hy glo nou die OB se aanbevelings is bindend. Zuma lewer sy staatsrede vanaand tydens die opening van die parlement.