Dreigende SMS-boodskappe wat deur skuldinvorderaars namens die padagentskap Sanral aan motoriste gestuur word onder die naam Sanral Oortredingsentrum, mag dalk 'n oortreding van die gedragskode vir skuldinvorderaars wees. Die nuwe nieregeringsorganisasie wat hom gaan beywer vir die stryd teen belastingmisbruik, Outa, sê dit is onwettig om motoriste via SMS te dreig om hulle agterstallige e-tolrekeninge te betaal. Jacques Steenkamp stel ondersoek in.