Die regering doen aan die hand dat ma's hulle babas nou met 'n koppie moet voed, eerder as die gebruiklike bottel. Vroue wat voorgeboorte klasse bywoon by verskeie klinieke word aangemoedig om hulle babas eerder met koppies te voed, omdat dit na bewering meer higiënies is. Volgens die Departement van Gesondheid se beleid vir die voeding van jong kinders, word koppievoeding aangemoedig weens verskeie redes. Thabile Mbehle en Marlinee Fouche het die saak ondersoek.