'n Studie wat bepaal hoe gelukkig kinders is, het Suid-Afrika elfde uit 16 lande geplaas. Die navorsing is gedoen deur eenvoudige vrae deur middel van prentjies aan agtjariges te vra oor wat hulle gelukkig maak. Die omvattende studie is deur die Jacobs-stigting in Switserland befonds, en is deur navorsers wêreldwyd gedoen. Dis die eerste keer dat navorsing van die aard gedoen word. Die ontwikkelingsopvoedkundige, Melodie de Jager, het vir Marlinee Fouche gesê dis relevante navorsing wat ernstig opgeneem kan word.