Internasionale navorsing oor hoe gelukkig kinders is, plaas Suid-Afrika elfde op die lys van 16 lande. Die navorsing is befonds deur die Jacobs-stigting in Switserland. Marlinee Fouche berig dat lande soos Engeland, Pole, Duitsland en Algerië betrek is by die navorsing wat op agtjariges gefokus het. Ses-en-vyftig-duisend kinders het aan die studie deelgeneem.