Die Barclays Afrika-groep het Sondag 'n waarskuwing aan aandeelgouers gerig om die groep se aandele met omsigtigheid te verhandel. Barclays PLC het vanoggend (1 Maart) 'n verklaring uitgereik waarin hulle aankondig dat hulle 62% van hulle aandeelhouding in die Barclays Afrika-groep gaan verkoop. Die aankondiging beëindig maande van bespiegeling. Amelia Morgenrood, 'n portefeuljebestuurder by PSG Makelaars in Pretoria, het in 'n onderhoud met Mètzi van der Merwe voor die aankondiging, reeds vermoed dat Barclays sy belange in Afrika sal afskaal.