Die rolprent MAD MAX: FURY ROAD, wat met ses Oscars weggestap het, spog nie net met een nie, maar met twee Suid-Afrikaanse aktrises in die rolverdeling. Antoinette Kellerman het saam met Charlize Theron ses weke lank aan die fliek in Namibië verfilm. En al is Kellerman se rol meestal beperk tot geluide maak terwyl sy aan 'n trok tydens 'n jaagtoneel hang, sê sy in 'n onderhoud met Anna-Marie Jansen Van Vuuren dat dit 'n ongelooflike ervaring was.