Voedelsekerheid is in die weegskaal, aldus 'n verslag van die Verenigde Nasies oor die stand van bestuiwers wêreldwyd. Die bevolkingsgetalle van verskillende spesies, soos bye, skoenlappers, sekere soorte vlermuise en voëls, is aan die afneem. Jan en San Alleman, maar veral boere, sal moet hand bysit om te keer dat bestuiwers uitsterf. Hanri Wondergem het met 'n entomoloog, prof. Erik Holm hieroor gepraat.