Die plaaslike regeringsvereniging SALGA het aan die parlementêre begrotingskomitee (appropriations committee) gesê dat munisipaliteite 115-miljard rand vir dienste skuld. SALGA het die komitee voorgelig oor hoe die 2016-begroting munisipaliteite raak. Die vereniging wil hê die parlement moet hulle help met die stigting van 'n nasionale invorderingsagentskap. Zalene Marrington doen verslag.