Elf maande nadat hy as rektor en vise-kanselier van die Universiteit Stellenbosch begin het, slaan prof. Wim de Villiers nou byna daagliks vure dood oor verskeie brandpunte wat op die kampus woed. Oor die afgelope naweek alleen is nóg 'n dringende interdik teen die universiteit beteken oor sy taalbeleid – en dit te midde van betogings oor die uitsluiting van swart studente, en vroueregte. Maar Slim Wim – soos sy ondersteuners hom noem – veg moedig voort, terwyl sy kritici reken dat Slinkse Wim die dryfveer agter die groot veranderings is. Prof. De Villiers praat hieroor vanaf die RSG verhoog by die Woordfees.