Tot 35% van die vaardighede, wat vandag in die werkplek as belangrik beskou word, sal oor vyf jaar reeds verander het. Teen 2020 gaan die koms van gevorderde robotika en kunsmatige intelligensie die werkplek behoorlik op sy kop keer. Dit blyk uit 'n verslag oor die Vierde Nywerheids- rewolusie, wat deur die Wêreld Ekonomiese Forum bekend gestel is. Die president van die Vereniging vir bedryfsielkundiges, prof. Llewellyn van Zyl, verduidelik.