Die grondwet hof beslis vandag oor of president Jacob Zuma die geld wat wederregtelik op Nkandla spandeer is, moet terugbetaal of nie. Dit volg op 'n aansoek deur die E.F.F en die D.A. om Jacob Zuma te verplig om die privaat opgraderings aan sy Nkandla huis terug te betaal, na 'n verslag deur die Openbare Beskermer wat reeds 'n soortgelyke aanbeveling gemaak het in 'n verslag wat op 19 Maart 2014 gepubliseer is. Maar wat kan ons vandag verwag en wat sal die politieke gevolge wees? Tim Du Plessis, bekende oud-koerantman en elektroniese media-joernalis gee sy mening.