Sikhosiphi 'Bazooka' Rhadebe, die voorsitter van die Amadiba Kriskomitee van die Mdatya dorpie op die WildekKus in die Oos-Kaap, wat Dinsdagaand by sy huis geskiet is, is die naweek te ruste gelê. Hy is deur twee mans geskiet wat hulle as polisiebeamptes voorgedoen het. Die prokureur van die Umgungundlovu tradisionele owerheid, Richard Spoor, sê die gemeenskap is al tien jaar lank verdeeld omdat 'n Australiese maatskappy titaan daar wil myn.