Jong prostitute het die strate van Krugersdorp aan die Gautengse Wes-Rand oorgeneem, en dit lyk nie of enigiemand omgee dat geharde dwelmhandelaars en kindersmokkelaars daaruit wins maak nie. Boonop is 'n SAUK-joernalis Vrydag sowat twee ure lank gevange gehou terwyl hy hierdie storie ondersoek het. Die oorsaak van al die kriminaliteit word glo toegeskryf aan sekere korrupte polisiebeamptes se samewerking met Nigeriese dwelmbase. Jacques Steenkamp doen verslag.