Die Nasionale Vergadering se verwerping van 'n mosie om president Jacob Zuma uit sy amp te verwyder, kom te midde van toenemende openbare kritiek teen die president. Dit volg 'n dag nadat die nasionale werkskomitee van die ANC Zuma van alle blaam onthef het oor Nkandla. In die proses het die party 'n afgewaterde interpretasie van die Konstitusionele Hof se opspraakwekkende uitspraak oor die president gemaak. Dit laat die indruk dat die president onaantasbaar en immuun teen kritiek is. In die tweede deel van 'n ondersoek na die impak van kritiek op die president, probeer Izak du Plessis vasstel watter rol die ANC in die posisie van die president speel.