Die toenemende openbare verset teen president Jacob Zuma is die gevolg van 'n burgery wat 'n gemeenskaplike bedreiging geïdentifiseer het. So sê 'n sielkundige van Johannesburg, Deon van Zyl. Volgens hom spruit dit uit Zuma se oënskynlike onaantasbaarheid te midde van openbare kritiek. In die derde en laaste bydrae oor die vraag hoe immuun die president teen kritiek is, het Izak du Plessis probeer vasstel watter impak die kritiek teen die staatshoof op die burgery het.