Onderdruk ons een van Moeder Natuur se oudste en mees effektiewe bakterie-bevegtende meganismes deur pasiënte met 'n infeksie te forseer om te eet wanneer hulle nie 'n eetlus het nie? Dit is die vraag wat 'n PhD-student in fisiologiese wetenskappe aan Stellenbosch Universiteit, Gustav van Niekerk, met sy navorsing ondersoek. Hy argumenteer dat dit wel die geval mag wees, en terselfdetyd pleit hy dat hierdie standaard mediese praktyk herondersoek moet word. Hanri Wondergem het met hom gepraat.