Baie kiesers wonder hoekom hulle nou in ander wyke vir die plaaslike verkiesing ingedeel is. Die Afbakeningsraad sê die wyke in munisipaliteite word elke vyf jaar verander, en dat kiesers genoeg tyd kry om besware in te handig. Die tydperk het vier maande gelede verstryk. Die voorsitter van die Afbakeningsraad, Jane Thupana, sê in hierdie stadium kan voornemende kiesers net ingelig word hoekom hulle in 'n bepaalde wyk is.