Die nuwe Springbok-afrigter, Allister Coetzee, sal omtrent moet bontstaan om almal tevrede te hou. Boonop is daar verskeie brandpunte wat sy dringende aandag vereis. Coetzee is gister in Heyneke Meyer se plek aangestel. Sy kontrak geld tot die 2019 Wêreldbeker-toernooi. Anita Visser en Ivor Price praat hieroor met die voormalige Springbokvleuel, Chester Williams, en die bekende rugbyskrywer, Bokkie Gerber.