Ons waarsku sensitiewe luisteraars dat die volgende bydrae onstellend kan wees. 'n Vrou, wat as kind glo ses jaar lank deur haar pa verkrag is, het ná 28 jaar besluit om haar storie te vertel en 'n klag teen haar pa aanhangig te maak. Die vrou, wie se naam aan Monitor bekend is, hoop haar verhaal spoor ander slagoffers aan om ook die stilte te verbreek. Hanri Wondergem het met die vrou gepraat oor die traumatiese ervarings wat haar lewe verander het.