Ondanks die versekering dat die sogenaamde Tripple M (MMM) skema nie sal platval nie en mense se finansies sal aanvul, is kenners dit eens: bly weg! Ryk van Niekerk, die redakteur van Moneyweb en aanbieder van ons sustersprogram Finansiële Fokus op Sondagaande, het die geskiedenis van Tripple M aan Hanri Wondergem verduidelik. Hy sê diegene wat daarby betrokke is, gaan nog krokodiltrane huil.