Die Haaie-rugbyspan en Durban Toerisme het 'n inisiatief van stapel laat loop om Curriebeker-rugby in Durban se townships te speel. Al was die wedstryd teen Namibië in Umlazi se Koning Zwelithini-stadion gestroop van die glans van Kings Park se Haaitenk, het die atmosfeer 'n sprankel van sy eie gehad. Toeskouers het gesê die inisiatief stel meer mense bloot aan rugby, en bevorder verhoudings tussen mense van verskillende agtergronde.