Die Minister van Sport, Fikile Mbalula, het die regte van vier van die land se vyf groot sportfederasies opgeskort om te bie vir, óf gasheer te wees vir groot byeenkomste in Suid-Afrika, weens onvoldoende transformasie. Die sportsoorte wat geraak word is atletiek, krieket, rugby en netbal. Mbalula tree op ingevolge die bevindings van 'n derde verslag van die sogenaamde Eminent Persons Group. Anita Visser en Ivor Price praat hieroor met die Adjunkminister van Sport, Gert Oosthuizen.