'n Professor in onderwysreg, Elda de Waal, waarsku dat ouers deels verantwoordelik is vir die hoë vlakke van geweld teen onderwysers in die klaskamer. Dit volg ná 'n skoolhoof van Kraaifontein, buite Kaapstad, glo deur twee leerlinge in sy kantoor aangerand is. De Waal, wat aan die Noordwes-universiteit verbonde is, glo kinders tree gewelddadig op, omdat hulle ouers nie meer onderwysers met respek behandel nie.