Sanral het sy beloftes nagekom en begin om duisende motoriste te dagvaar om in die hof te verskyn oor hulle onbetaalde e-tol rekeninge. Ongeveer 'n duisend dagvaardigings is glo in die laaste week in die Hooggeregshof in Pretoria uitgereik, terwyl 'n verdere 5,000 in ander howe regoor Gauteng uitgereik is. Maar burgerregte-organisasies soos OUTA en AfriForum kom ook hulle beloftes na om motoriste wat sulke dagvaardigings ontvang het, in die hof te verdedig. Jacques Steenkamp doen verslag.