Die landbousektor verwelkom die polisie en Afriforum se geskiedkundige ooreenkoms om kragte saam te snoer teen plaasaanvalle. Die waarnemende nasionale polisiekommissaris het in Januarie onderneem om plaasaanvalle, plaasmoorde en veediefstal as voorkeurmisdade te verklaar. Monitor het vroeër die week berig oor vyf verdagtes wat 'n gesin by Sunward Ranch naby Koedoeskop in Limpopo op hulle plaas aangeval het. Die Swanepoel-egpaar, albei in hulle laat vyftigs, is met vuurwapens aangehou, aangerand en vasgebind. 'n Negemillimeterpistool, huishoudelike goedere en gereedskap is geroof. Vincent Mofokeng het met Santa Swanepoel oor haar ervaring gepraat.