'n Robot-beheerde teleskoop in die koue Noord-Kaapse dorp Sutherland, het 'n nuwe planeet tydens sy roetine waarnemings raakgesien. Die ontwerper van die teleskoop bekend as KELT, die sterrekundige Dr. Rudi Kuhn, sê die teleskoop word gebruik om na transito planete by veral helder sterre te soek. Dit is vir hom as 'n sterrekundige en sy span 'n groot deurbraak, omdat hulle meer navorsing in Suid-Afrika oor hierdie planeet, bekend as die KELT 10B, kan doen. Kuhn praat met Vincent Mofokeng