'n Onbekende pastoor van Harare het dit reggekry om die burgerlike samelewing van Zimbabwe aan die praat te kry oor hulle lot. Pastoor Evan Mawarire van Harare het voor Zimbabwe se onafhanklikheidsvieringe in April 'n video op sy Facebook-blad gepos. 'n Maand later het die 39-jarige pastoor meer as 133,000 mense op Facebook bereik. Mètzi van der Merwe berig dat Zimbabwiërs nou openlik op sosiale media oor korrupsie en armoede praat.