Die eerste van meer as 'n duisend windturbinekomponente het in Loeriesfontein in die Noord-Kaap opgedaag. Die omgewing sal binnekort die tuiste van die grootste windplaas op die vasteland word. Die 122 windturbines, wat 'n gebied van meer as 12,000 rugbyvelde sal bedek, sal sowat 280 Megawatt elektrisiteit verskaf. Reginald Witbooi het Loeriesfontein besoek en hierdie verslag saamgestel.