Die saak van seksuele teistering teen die Wes-Kaapse voorsitter van die ANC, Marius Fransman, is skynbaar nog ver van verby. Dit is nou ten spyte van 'n besluit van die vervolgingsagesag in Noordwes om weens 'n gebrek aan bewyse, nie te vervolg nie. 'n Beëdigde verklaring van 'n ANC takleier is egter nou na die party se nasionale kantoor gestuur, waarin beweer word dat die klag teen Fransman vervaardig is.