Die sosiale media gons oor 'n spotprent van Jonathan Shapiro, waar hy die hoof van die NVG, Shaun Abrahams, as 'n aap uitbeeld. Shapiro, beter bekend as Zapiro, het groot kritiek oor die spotprent ontvang, met sommige individue wat dit as rassisties beskou. Shapiro het met Jean Esterhuizen gepraat oor die reaksie op sy spotprent. Hy sê die publiek verstaan verkeerd wat hy oor President Jacob Zuma en Shaun Abrahams se verhouding wou uitbeeld.