Die wenner van die Comrades-marathon, David Gatebe, neem meer as 'n miljoen rand huis toe na hy die wedloop gewen het. Die lid van die Tomtom-atletiekklub het die Rus, Leonard Shvetsov, se rekord van 2007 verbeter. Die vroue-kragmeting was 'n geveg tot die bitter einde na die wenner van 2015, Caroline Wostmann, haar voorsprong tien kilometer voor die einde moes prysgee. Minoshni Pillay en Dianke Nel doen verslag.